Oos Kaap Goue Herfs (Boek 3 van Reeks 3)Charlotte Strauss beland op Goue Herfs as Ettienne Geldenhuys se vrou-danksy haar suster se bedrog en 'n huwelik wat nooit uit liefde gebore is nie.Ettienne glo hy ken die beeldskone, bedorwe sosiale vlinder uit die koerante. Charlotte glo weer haar stil, knorrige man bestaan uit reëls, boeke en bevele.Albei is verkeerd.Tussen plaaswerk, gedeelde stiltes en 'n huweliksbed wat al hoe kleiner begin voel, ontdek hulle stadig die mense agter die aannames. En wanneer voorgee plek maak vir verlange, moet Charlotte en Ettienne besluit of 'n huwelik wat met 'n leuen begin het, dalk met die waarheid kan eindig.Want soms bring die herfs nie net verandering nie... soms bring dit jou huis toe.
Prijshistorie
* Prijshistorie bevat geen data van Amazon, Amazon Marketplace.
Prijzen voor het laatst bijgewerkt op: