Oos Kaap - Eerste Herfs (Boek 1 van Reeks 3)1945. Met geen werk, geen heenkome en min ander keuses nie, beland Marli Vosloo op Eerste Herfs - die plaas van Eloff Geldenhuys, 'n man wat reeds jare weg is weens die oorlog.Wat net een nag se skuiling moes wees, word stadig iets meer. Marli bring lewe terug na die stil plaashuis, begin 'n groentetuin en hou hoenders - maar vir elke ding wat sy gebruik, los sy 'n skuldbriefie vir die onbekende eienaar wat sy glo nog ver van die huis af is.Tot Eloff onverwags terugkeer.Skielik moet Marli haar teenwoordigheid op Eerste Herfs verduidelik aan 'n man wat nooit toestemming gegee het dat sy daar woon nie. Maar Marli is nie iemand wat maklik tou opgooi nie - en Eloff ontdek gou dat die vreemde vrou op sy plaas veel meer verander het as net sy tuin.Tussen tergende oomblikke en 'n aantrekkingskrag wat al moeiliker raak om te ignoreer, moet twee mense wat albei op hul eie manier 'n plek soek om weer te begin, uitvind of Eerste Herfs dalk vir hulle albei 'n nuwe seisoen kan bring.
Prijshistorie
* Prijshistorie bevat geen data van Amazon, Amazon Marketplace.
Prijzen voor het laatst bijgewerkt op: